Kalahari Arms Hotel Logo

Kalahari Arms Hotel - Ghanzi

Die keuse vir besigheidsmense en diegene wat ‘n tikkie luuksheid verkies....

 STUUR EPOS
TUISBLAD
ENGLISH

Tel: +27 (0) 21 855 0821

Adres: Kalahari Arms Hotel, Ghanzi, Botswana.

 
ANDER BOTSWANA AKKOMMODASIE PRYS EN BESPREKINGS ANDER GHANZI LODGE
Kalahariarms hotel main
Entrance Kalahri Arms Hotel Ghanzi

Die Kalahari Arms Hotel in Ghanzi op die Trans-Kalahari Roete na Maun, Botswana, bied akkommodasie wat elke begroting pas. Dit is die ideale bed-en-ontbyt oornagpunt vir reisigers oppad na Namibië of die Okavango Delta. Gaste by die vriendelike Kalahari Arms Hotel gaan tuis in en-suite chalets met DSTV, lugverkoeling en tee/koffie-stasies, of jy kan jou tent op een van die kampplekke opslaan.

Die Kalahari Arms Hotel is goed toegerus om ‘n moeë reisiger gou te laat lewe kry. Jy kan in die heerlike sonskyn van Botswana ontspan, of in die lapa ontspan met ‘n verfrissende drankie in jou hand. Raak ontslae van die ekstra vakansie-kilogramme deur ‘n paar lengtes te swem, terwyl die kinders van al hul oortollige energie kan ontslae raak op die speelgrond.

Ghanzi het ‘n oorvloed van ondergrondse water (te wyte aan die kalksteenrif waarop die dorp geleë is). Die tuine van die Kalahari Arms Hotel is dus iets om te aanskou.
Ghanzi staan bekend as die “hoofstad van die Kalahari” en het in 1870 as ‘n klein jag- en handelspos ontstaan. Die naam “Ghanzi” is te danke aan die Naro-woord wat die goeie toestand waarin die boksoorte wat in hierdie deel van Botswana aangetref word, beskryf. Die Kalahari Arms Hotel was een van die eerste besighede wat in Ghanzi begin is.

Kalahari Arms bedroom
Kalahari Arms dinning room
Kalahari arms swimming pool area
Kalahari arms hotel backyard
BOTSWANA AKKOMMODASIE

Van Ghanzi sal dit jou drie uur neem tot in Maun. Maun is die deurgang na die Okavango Delta en die Kalahari Arms Hotel beveel aan dat jy akkommodasie by Maun akkommodasie kies. Maun akkommodasie sluit Rileys Hotel, Island Safari Lodge en Thamalakane River lodge in om, maar net enkeles te noem. Vertoef minstens een nag in Naun voordat jy op jou Okavango Delta Safari vertrek. In die Okavango Delta is daar verskeie lodges om van te kies. Sommige in die Moremi wild reservaat. Savute is in die Chobe Nasionale Park en jy sal waarskynlik deur die park tot in Kasane ry. Ons gunsteling lodge in Kasane is die Chobe Safari Lodge. Hulle is luuks en bekostigbaar.

Jy kan in een dag van die Kalahari Arms Hotel tot in Francistown ry. In Francistown kan jy kies tussen luukse hotelle soos die Thapama Hotel, Marang Gardens hotel en selfsorg akkommodasie soos Woodlands stop over. Die Kalahari Arms Hotel beveel die Marang Gardens hotel in Francistown aan. Die hotel se ligging is goed en die tuine besonders.

NAMIBIE AKKOMMODASIE

Die Kalahari Arms Hotel is trots om akkommodasie in Namibie aan te beveel. In die suide van die land is Keetmanshoop waar die Kokerboom woud Ruskamp ons gunsteling akkommodasie is. In Swakopmund beveel ons Alte Brucke selfsorg akkommodasie naby die strand aan.

In die verre noorde van die land is 'n smal strook wat algemeen as die Caprivi strook bekend is, maar nou amptelik die Zambezi distrik genoem word. Jy kan inligting oor die gebied by Caprivi akkommodasie kry. Kry sommer ook inligting by dieselfde webtuiste oor die streek se akkommodasie soos bv Kwando Kamp, Mazambala eiland Lodge, Lianshulu en Ngepi Kamp. Ngepi Kamp op die oewers van die Kavango of Okavango rivier is een van die gewildste verblyf plekke vir gesinne en kampeerders.

ZIMBABWE LODGES

The Kalahari Arms Hotel beveel akkommodasie in Zimbabwe aan. Miskien sal jy jou besoek in Bulawayo begin waar jy in die bekende Churchill Hotel kan bly. In Zimbabwe sal jy waarskynlik ook 'n safari wil doen. Sikumi Tree Lodge in die Hwange Nasional Park is drie dae se ry van die Kalahari Arms in Ghanzi.